Dagsê!

Welkom by my webwerf, afrikaansestem, waar van my Afrikaanse stemwerk tentoongestel word.

Na afloop van my opleiding onder die bekwame hande, en stemme, van veterane soos Mariette Engelen, en informeel deur Heinrich Marnitz, het ek in 2005 dienste begin lewer aan ‘n wye spektrum van kliënte, waaronder andere RSG, Radiokansel, Pretoria FM, Groot FM, Kosmos FM, SFM, en verskeie ander gemeenskapsradiostasies, sowel as korporatiewe kliënte.

My dienste sluit in;

  • Radio Advertensies,
  • TV en Korporatiewe Video stemwerk,
  • Opleidingvideo stemwerk,
  • Sosiale Media stemwerk,
  • Boek opnames,
  • Ens.

Ek geniet dit om stemwerk te doen, en die kliënt se behoefte so goed moontlik te verstaan, en te kommunikeer.

Hoop jy geniet dit om te luister na die oudiogrepe op die blad; druk gerus op my knoppie as ek van diens kan wees, ek help graag!

Epos my gerus by charles@afrikaansestem.co.za, of WhatsApp na 083 376 2032.

Afrikaanse Stemwerk, reg in jou kraal!

Ai weergawe ook beskikbaar op Elevenlabs